AUGUSTUS 2021

BOOMPLANT PROJEK

Die HAMLET FORUM het hande met die inwoners van die Bossie-projek gevat en meer as 30 Watereikebome aangeplant.

Die HAMLET FORUM, ‘n vrywilllige komitee wat saamgestel is uit inwoners vanuit die breër gemeenskap, het ten doel om Prince Alfred’s Hamlet ‘n skoon, netjies en effektief funksionerende dorp te maak.

Forum-lede het Saterdag, 14 Augustus ingespring en meer as 30 Watereikebome aangeplant.

HAMLET FORUM wil dienste koördineer en as spreekbuis optree vir die dorp en gereeld met Witzenberg munisiplaiteit en Ceres Besigheidsinisiatief (CBI) skakel sodat dorpsake wat die gemeenskap raak, aangespreek en uitgevoer kan word.

Indien daar sakelui en inwoners is wat by HAMLET FORUM wil aansluit of inskakel, kan hulle Danie Goosen (sameroeper) skakel by 083 461 9933 of Alma Goosen by 083 443 0881